Atletiek SA byeenkoms. Hoërskool Jim Fouché atlete, Bertie Cruywagen, Danny Melaat en Danell Oelofse het die afgelope vakansie presteer by die Atletiek SA byeenkoms. Die byeenkoms is vanaf 21 tot 23 Maart aangebied by die Pilditch Atletiekstadion in Pretoria.
- Bertie Cruywagen behaal ‘n SA 3de plek in die 200m (mans o/20-afdeling) met ‘n tyd van 20,79sek.
- Danny Melaat is aangewys as die o/18 SA-driesprongkampioen! Hy behaal ‘n afstand van 14,54m.
- Danell Oelofse eindig algeheel derde in die 2000 m-hindernis vir vrouens o/18 met ‘n tyd van 07:17.49
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf