Atletiek: Hoërskool Nelspruit leerder, Ashley Erasmus, het tydens die jaarlikse vriendskaplike atletiekbyeenkoms nasionale en internasionale rekords verpletter!! NHS se jaarlikse vriendskaplike atletiek byeenkoms is op Saterdag 29 Januarie aangebied. Hierdie byeenkoms het weer sy kwota puik vertonings gelewer. Die aanwesiges kon sekerlik nie dink dat hulle met een van die beste vertonings ooit in die Suid-Afrikaanse skole-atletiekgeskiedenis, getrakteer sou word nie! Ses skole se bestes het mekaar op die baan en veld die stryd aangesê. Afrikaans Hoër (seuns en meisies) vanaf Pretoria, Rob Ferreira (Witrivier), Ermelo, Lowveld High en Hoërskool Nelspruit. Vele rekords het ten spyte van die swaar baan na milde reëns, in die slag gebly.
Ashley Erasmus
Ashley Erasmus (m.17) Hoërskool Nelspruit se atletiek wonderkind het egter vir die grootste opwinding en spontane toejuiging gesorg. Sy het die gewigstoot ( 3kg-apparaat) met ‘n verstommende 18,65m ingepalm! Hierdie ongelooflike afstand, het die entoesiaste dadelik na die rekordboeke laat gryp, en die internet is nader getrek, om die omvang van Ashley se puik afstand, in perspektief te plaas. In 2021 het Zonnika Lindeque van Gaunteng Sentraal, ‘n pragafstand van 18,18m in die Paarl behaal. Dit was die RSA, Afrika én Statebond se verste afstand vir hierdie item in die geskiedenis. Ashley, met haar 18,65m, is die Laeveld se beste veldatleet van alle tye. Sy is dus nou die nuwe houer van die nasionale rekord, die Afrika-rekord – en niemand in die ganse Statebond (sluit lande soos Kanada, Jamaica, Australië, Nieu-Zeeland en Engeland in) kon nog ooit ‘n beter afstand as Ashley, behaal nie!
Beste Wêreldwyd
Dit is die beste tot op datum in 2022, wêreldwyd, en hierdie 18,65m besorg aan Ashley die agtste plek op die lys van beste afstande, van alle tye. Vir interessantheid: In 1993 het Nederland se Corrie de Bruin met ‘n yslike 20,52m losgetrek – die nommer een poging tot nog toe. Nellies se Ashley Erasmus is dan, met haar nommer agt-posisie, een van die tien bestes in die geskiedenis van wêreld-atletiek. Wat ‘n fenomenale prestasie!
Te midde van al die opwinding, tydens die atletiekbyeenkoms, het NHS se Jolanke van Zyl ook vir ‘n stukkie geskiedenis gesorg. Sy het die bekende Judith Terblanché se Nellie-rekord in spiesgooi, meisies O.19 (600g-spies) verbeter. Hierdie rekord wat sedert 1995 op 37,90m gestaan het, het Jolanke na 38,06m verbeter. Jolanke het in 2021 die eerste NHS-meisie geword wat die spies verder as 40m kon laat grondvat (was met die 500g-spies, m.17) en dit lyk of sy eersdaags ook met die swaarder spies, hierdie prestasie kan herhaal.
Verdere prestasies
Drie verdere atletiek prestasies, wat NHS se atlete betref, wat beslis spesiale vermelding verdien, is Ashley se 47,04m in skyfwerp (sy het ‘n week tevore 47,17m behaal); Vaughn van Zyl wat sy onbetwisbare talent met ‘n stewige 56,92m in skyfwerp, s.15 bevestig het; en Shanese de Clerck se pragtige 1,70m in hoogspring (m.17), slegs 1cm duskant Thelma van Rensburg se rekord van 1,71m.
NHS se aansienlike oes van atletiek podiumplekke (eerste drie), is bemoedigend en wys dat daar weereens vanjaar deeglik met die Nellie-masjien rekenskap gehou sal moet word. ASA-punte bo 700 word aangedui:
Die volgende atlete het tydens die atletiekbyeenkoms eersteplekke in goud behaal: Zoë Cilliers (m.14): 100m – 12.84 (814); ook hoogspring – 1,50m (700). Rhoda Nel (m.19): 100m – 12.29 (825); asook in die 200m – 26.02 (806). Simoné Lourens (m.14): 400m – 63.92 (792): en ook in die 300m hekkies – 48.24 (820). Monique van Zyl (m.14): 800m – 2:33.40 (731). Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:36.93; en in die 1500m – 5:14.46 (705). Zanele Sehohle (m.19): 1500m – 5:14.46 (705); asook in die 3000m – 11:04.43 (821). Shanese de Clerck (m.17): hoogspring – 1,70m (850): verspring – 5,47m (740); en driesprong – 11,16m (751).
Christine Venter (m.16): gewigstoot – 12,75m (860). Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 18,65m (1000); en skyfwerp – 47,04m (999). Zané Nel (m.14): skyfwerp – 33,32m (840). Chané Strydom (m.17): spiesgooi – 36,64m (752). Jolanke van Zyl (m.19): spiesgooi – 38,06m (775). Janco Small (s.15): 100m – 11.81. Marno du Plessis (s.16): 200m – 23.28 (727). Stefan Coetzee (s.16): 800m – 2:11.89. Owen Ngewya (s.14): hoogspring – 1,55m. Marko Matthee (s.16): verspring – 6,44m (793). Vaughn van Zyl (s.15): skyfwerp – 56,92m (921); ook spiesgooi – 50, 02m.
Silwer medaljes
Die volgende atlete het tydens die atletiekbyeenkoms tweedeplekke in silwer behaal: Shanese de Clerck (m.17): 100m – 13.14 (741). Kaycee Finchem (m.14): 800m – 2:35.14 (717). Zanele Sehohle (m.19): 800m – 2:28.31 (746). Monique van Zyl (m.14): 1500m – 5:21.60. Simoné Lourens (m.14): 90m hekkies – 15.13 (798). Rojandi Coetzee (m.14): hoogspring – 1,50m (700). Ninke Mostert (m.15): verspring – 4,60m. Anushka Botma (m.15): verspring – 4,60m. Zané du Toit (m.16): verspring – 4,83m. Lemoni Joubert (m.17): driesprong – 10,09m (*nog m.14). Zané Nel (m.14): gewigstoot – 12,02m (859).
La-Alizia Venter (m.19): gewigstoot – 10,54m (800). Juané le Roux (m.15): skyfwerp – 32,72m (814). Christine Venter (m.16): skyfwerp – 31,26m (774). Ashley Erasmus (m.17): spiesgooi – 34,92m (723). Sylvia Barnard (m.19): spiesgooi – 33,01m. Joshua Finchem (s.15): 800m – 2:08.16; ook 1500m – 4:31.25 (730). Kian Mouton (s.17): 800m – 2:02.39; ook 1500m – 4:23.73 (740); Alexandré Viljoen (s.19): 800m – 2:04.32; Ruben Vorster (s.17): 110m hekkies – 15.83 (727); ook 400m hekkies – 58.63; Mendel Smook (s.15): hoogspring – 1,70m; Kamagelo Monkwe (s.14): verspring – 5,53m; Jordan Pretorius (s.15): verspring – 5,94m; Vian Louw (s.14): gewigstoot – 13,13m (756); Vaughn van Zyl (s.15): gewigstoot – 15,27m (850); Ricardo Correia (s.19): skyfwerp – 38,78m (754); David Botha (s.16): spiesgooi – 45,53m; Hannes Botha (s.19): spiesgooi – 58,59m (779);
Brons medaljes
Derdeplekke (brons); Simoné Lourens (m.14): 100m – 13.52; Arili Boshoff (m.17): 100m – 13.40; Zané Potgieter (m.19): 100m – 13.21 (713); ook 200m – 27.78 (713); Zanele Sehohle (m.19): 400m – 62.45 (757); Hayley Cussons (m.15): 800m – 2:46.48; Elizma de Villiers (m.15): hoogspring – 1,45m; Levandi Hough (m.14): verspring – 4,79m; Bianca van Zyl (m.17): verspring – 4,51m; Anushka Botma (m.17): driesprong – 9,91m (*nog m.15); Carla Schultz (m.19): driesprong – 9,31m; Anja Venter (m.17): skyfwerp – 35,57m (829); La-Alizia Venter (m.19): skyfwerp – 27,81m; Mieke Raath (m.16): spiesgooi – 24,40m; Janco Small (s.15): 200m – 24.22; ook 400m – 56.76;
Ian Wood (s.16): 200m – 23.60 (704); Lian Antunes (s.14): 400m – 58.20; Kian Mouton (s.17): 400m – 53.60 (716); Liam Doncaster (s.14): 1500m – 5:04.15; Jayden Enslin (s.14): 100m hekkies – 15.02 (742); Henlo Schoeman (s.15): 100m hekkies – 15.16 (710); ook 300m hekkies – 44.18; Karl Erichsen (s.17): 110m hekkies – 16.64; ook spiesgooi – 52,49m; Marco Capazorio (s.19): 110m hekkies – 15.38 (775); ook 400m hekkies – 57.22 (757); Tye Habib (s.14): verspring – 5,47m; Bradley Claasen (s.16): gewigstoot – 12,67m (710); Ricardo Correia (s.19): gewigstoot – 13,20m (730); Vian Louw (s.14): skyfwerp – 40,75m (730); ook spiesgooi – 36,38m; Luan van Wyk (s.16): skyfwerp – 34,03m; Ruben Lorist (s.17): skyfwerp – 36,31m.
700+ ASA-punte
Al kon hulle nie onder die eerste drie eindig nie, kan die volgende atlete ook breed glimlag na goeie atletiek vertonings van 700 ASA-punte of beter:
Juané le Roux (m.15): gewigstoot – 11,13m (807); Anja Venter (m.17): gewigstoot – 11,68m (806); Lana Botha (m.15): 200m – 28.77 (705); Cherike Boshoff (m.16): 200m – 28.63 (700); Arili Boshoff (m.17): 200m – 28.43 (701); Zané du Toit (m.16): 400m – 65.68 (709); Zané Potgieter (m.19): 400m – 63.65 (733); Rebekkah Braack (m.17): 3000m – 12:00.93 (758) (*nog m.14); Hayley Cussons (m.17): 3000m – 12:17.98 (740) (*nog m.15); Azelle du Preez (m.15): 300m hekkies – 53.23 (720); Jessica Nel (m.14): 300m hekkies – 54.51 (707); Lorraine van Wyk (m.17): 400m hekkies – 75.00 (733); Rojandi Coetzee (m.14): gewigstoot – 8,79m (711);
Inge Diedericks (m.15): gewigstoot – 10,01m (758); Lourica vd Merwe (m.15): gewigstoot – 9,37m (727); Lizzy Strydom (m.16): gewigstoot – 9,75m (733); Shanré Ehlers (m.16): gewigstoot – 9,57m (725); ook skyfwerp – 30,18m (756); Telieze Coetzee (m.16): gewigstoot – 9,20m (707); Megan Wiehman (m.17): gewigstoot – 9,96m (731); Jolanke van Zyl (m.19): gewigstoot – 8,73m (713); Jordan Pretorius (s.15): 100m hekkies – 15.22 (705); André Potgieter (s.19): 100m – 11.23 (701); ook 200m – 22.71 (728); André van Schalkwyk (s.17): 400m – 53.78 (710); Alexandré Viljoen (s.19): 400m – 52.87 (713); Manzi Shiba (s.14): 100m hekkies – 15.28 (722); Handré nd Merwe (s.19): 110m hekkies – 15.65 (753); ook 400m hekkies – 57.41 (750); Jacques Bouwer (s.15): gewigstoot – 12,66m (728); Ryan Venter (s.17): gewigstoot – 12,86m (715); Andreas Fouché (s.19): skyfwerp – 35,46m (703)
Die uitdunne is grootliks afgehandel, die span begin vorm aanneem – en dis voorwaarts mars na die Laeveld Vriendskaplike Interhoër wat op 26 Februarie 2022 op NHS se terrein plaasvind. Baie sterkte aan ons atlete en hul afrigters!
Foto’s: deur Hennie Homann
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za