Diamantveld atlete lewer puik prestasies by die Grey-Oranje Atletiekbyeenkoms (15/10/2016).
Saterdag,15 Oktober het 26 van Diamantveld se atlete aan die Grey-Oranje Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem en baie goed presteer tydens die kompetisie.
Diamantveld het 5 goue-, 2 silwer- en 2 bronsmedaljes verower.
Stiaan le Roux is ook aangewys as die beste junioratleet.
Die volgende atlete het goue medaljes verower:
Stiaan le Roux (Seuns o/ 15) – Hamergooi en nuwe rekord
Denecke Prinsloo (Dogters o/17) – wen die hamergooi , gewigstoot en diskus
Shane van Niekerk (Seuns o/14) – 300m hekkies
Silwer medaljes:
Benu Meintjes (Seuns o/16) – 200 meter
Christa Lambrecht (Dogters o/15) – gewigstoot
Brons medaljes:
Jarred Kritzinger (Seuns o/16) – hamergooi
Benu Meintjes (Seuns o/16) – 400 m