)

Atlete – BVHS atlete sorg vir grootste medalje oes op graanveld

Atlete– Bethlehem Voortrekker Hoërskool se atlete het gesorg vir die grootste medalje oes tydens die jaarlikse Graanveld-atletiekbyenkoms.

“Uitnemendheid” som BVHS se prestasies op met die jaarlikse Graanveld-atletiekbyeenkoms. BVHS wen die byeenkoms oortuigend en dit  is te danke aan toegewyde atlete en afrigters.  Die aflosspanne het die groot Trekkerskare op hul voete gehou. Hulle het die kroon gespan met die uitslag van 7 uit 10 op ‘n uiters suksesvolle dag vir BVHS.  ’n Ryke medalje-oes was die gevolg van puik tye en afstande. Voortrekker sluit die dag af met medaljes waarvan 89 goud, 62 silwer en 47 brons was.

Die dag is gekenmerk deur die groot aantal rekords wat verbeter is. Voortrekker se atlete het die rekords behoorlik laat spat! Die volgende atlete het rekords behaal: (Sybrand Bester – 0/15 aflos). (0/15 100m en aflos – Sebastiaan Moses). (Anke Gunter – 1500m Hindernis). (3000m – Kiara Montgomery). (Paalspring – Ixoré Cilliers). ( Immanuel Veitch – 400 hekkies). (Gewigstoot – Lisa Rautenbach). (Karli van Niekerk – Gewigstoot). (0/15 Aflos- Teboho Motloung). Wian Botha – 800m). (2000m Hindernis – Danika Zwahlen). ( Catrien Janse van Vuuren – Hammergooi). (0/15 Aflos – Thato Nthebere) en (Marjulyn Myburgh – Diskus).

Enige iets is moontlik met harde werk, toewyding en vasberadenheid van atlete en afrigters. Die geesdriftige ondersteuning van ouers, onderwysers en maats was ondersteunend. Die atlete sien uit na die atletiekseisoen wat voorlê!

Baie geluk aan al die medaljewenners!

Trekkertrots!!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal