ATKV Tjokkertoneel Wes-Kaap. ‘n Aand propvol ongelooflike talent en opwinding het die ATKV Tjokkertoneel Wes-Kaap Streeksfees gekenmerk op 18 en 19 Augustus.
Die Curro Durbanville produksie, getiteld “AGT,” het die volgende toekennings verower:
- Beste Produksie
- Beste Ensemble
- Beste Aktrise: Judi Hattingh (Graad 5)
- Genomineer vir Beste Aktrise: Risa Burger (Graad 7)
- Genomineer vir Beste Aktrise: Leonie Zimmermann (Graad 6)
- Genomineer vir Beste Regisseur: Cecilia Wesson
- Genomineer vir Beste Tegniese Aspekte
‘n Oorverdowende applous gaan uit na Cecilia Wesson en al die talentvolle aktrises wat Curro Durbanville op die verhoog verteenwoordig het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf