)

ATKV Tienertoneel – EHS-toneelspeler gekroon as beste aktrise

ATKV Tienertoneel. Mienke Cloete, graad 11-leerder van Hoërskool Ermelo, verdien voorwaar die toekenning van beste aktrise. Sy is vir haar hoofrol vereer by die ATKV-Tienertoneel Gauteng Streeksfees 2 se prysuitdeling.

Tydens haar toneelgroep, kameR-5, se optrede waarin sy as “Nurse” gespeel het, het Mienke grense verskuif op die verhoog. Sy het met die optrede ‘n goue sertifikaat verdien. Dié sertifikaat is op sigself ‘n besondere prestasie van tussen 80% en 89% vir haar toneelspel.

Op Saterdagoggend, nadat vyf-en-twintig stukke van verskeie skole gedurende die week aan die streeksuitdunne deelgeneem het, is Mienke genooi na die prysuitdeling as ‘n genomineerde.

EHS kon uit hul nate bars van trots oor hierdie prestasie, onder andere omdat Mienke die eerste Errie is in die geskiedenis van EHS se tienertoneel wat dit kon bereik.

Mienke, mag jou passie vir toneelspel en kultuur jou aanhou dryf tot groter hoogtes en mag jy nooit jou passie vir die verhoog verloor nie. Die kultuurvlam wat binne jou brand is aansteeklik!

Mienke Cloete

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal