ATKV Redenaarskompetisie. Hoërskool Ermelo is besonder trots op An-Euné van Niekerk wat deurgedring het na die nasionale finaal van die AKTV-Redenaarskompetisie. Dit is ’n merkwaardige prestasie.
Met hierdie kompetisie gee ATKV-Redenaars leerders die platform om hul sê met selfvertroue in Afrikaans te sê. Dit is ’n vaardigheid wat hulle in die toekoms aan die voorpunt van hul veld sal plaas. Hierdie kompetisie is een van die ATKV se oudstes en word landswyd, sowel as in Namibië, aangebied vir laerskool- en hoërskoolleerders.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








