ATKV Redenaars. NHS spog vanjaar met vier redenaars. Hulle gaan op Woensdag, 17 Augustus, aan die Nasionale finaal van die ATKV-Redenaars te Buffelspoort deelneem.
Cornelis van Dyk en Berno Venter, beide in graad 11, kry twee ure om hul eie toespraak vir die ATKV redenaars te skryf. Dit handel oor ‘n onvoorbereide aktuele onderwerp.
Niandi Coetzee (graad 11) en Ané Niehaus (graad 10) neem aan die voorbereide redenaarsafdeling deel. Niandi argumenteer dat dit hoogtyd is dat ons die sukses-liniaal herkalibreer. Ané se argument is dat die grense tussen reg en verkeerd verskuif het.
In beide afdelings is daar 27 deelnemers van gesogte skole in Suid-Afrika.
Verder is daar nog vyf NHS debatspanne. Hierdie spanne verteenwoordig Mpumalanga. Dit vind plaas Donderdag en Vrydag 18 en 19 Augustus in die semifinaal van die ATKV-Debatkompetisie. Die graad 12-span bestaan uit Katrien Hiemstra en Adrienne Combrink. Niandi Coetzee en Neelsie van Dyk is twee graad 11’s in ‘n span. Marelize van Niekerk en Rosemarie Oberholzer is albei in graad 10. Hulle moet argumenteer of pleknaamsverandering versoening in Suid-Afrika bevorder of nie.
Die twee junior debatspanne is propvol graad 9’s. Kirsten Lea, Francois Louw, Clarissa Botha en Pedrie Claassens meet kragte teen Nina Prinsloo en Rohann Schultz. Hul kennis word getoets oor die onderwerp of die gaming-gewoontes van tieners deur wetgewing gereguleer moet word. Die 10 beste spanne ding Saterdag, 20 Augustus mee in die finaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf