Die ATKV redenaar wenners van Laerskool Truida Kestell is leerders wat hulle sê kan sê as hulle moet praat.
In die ATKV redenaar wenners vir Graad 1-3 wat plekke behaal het in die Afrikaanse Huistaal Afdeling, is Miah Grobbelaar die wenner met die 10de plek in die Vrystaat en 78ste plek Nasionaal. Inge Meintjes behaal die 83ste plek Nasionaal.
Die ATKV redenaar wenners vir Graad 4-5 wat plekke behaal het, in die Afrikaanse Huistaal afdeling, is Kai de Klerk. Hy praat ‘n 3de plek los in die Vrystaat. Rebecca Trott behaal ‘n 4de plek in die Vrystaat. Heilene Meintjes verower ‘n 9de plek in die Vrystaat en 72de plek Nasionaal. Liam Amaro behaal ‘n 4de plek in die Vrystaat. Keith Going behaal ‘n 1ste plek in die Vrystaat en 12de Nasionaal.
In die ATKV redenaar wenners vir Graad 5-7 wat plekke behaal het in die Afrikaanse Huistaal Afdeling, is Clarissa Hepburn die wenner, met ‘n 3de plek in die Vrystaat en 26ste plek Nasionaal. Robyn Roos verower ‘n 2de plek in die Vrystaat.
Die visie vir die Radikale Redenaars is om aan soveel as moontlik leerders die geleentheid te gee, om voor mense op te tree.
Beoordelaars moet ‘n positiewe bydra tot die leerders se sprekerspersoonlikhede maak en hul kritiek moet opbouend van aard wees. Die Radikale redenaar streef daarna om kinders se selfvertroue te verbeter.
Alhoewel die Radikale Redenaarsfees ’n kompetisie is, moet die fokus deurentyd op deelname geplaas. Die ontwikkelling van redenaars, as lewensvaardigheid moet aangemoedig word.
Baie geluk aan die Truidjies met mooi prestasies.
Meer oor Laerskool Truida Kestell:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/