ATKV Jeugtak. Op 5 Augustus het Hoër Landbouskool Marlow se ATKV-Jeugtak hul eerste Ma-en-Seun-Tee aangebied.
Die Ramme het ‘n spesiale oggend gedeel met al die besonderse vroue in die Marlow-gemeenskap. Die gaste het die geleentheid gehad om lieflike pryse te wen en saam met hul seun en vriendinne te kuier. Die gasspreker, Hanlé Nell, het ‘n inspirerende boodskap met die gaste gedeel.
Hierdie week bring Marlow hulde aan al die vroue in die Marlow-familie. Dankie vir elke merkwaardige vrou wat ‘n verskil maak in die Ramme se lewens.
Kosbare Vrou, So mooi en kosbaar soos ‘n fyn stukkie kant, Is elke vrou geskep deur Gods hand. Perfek het Hy jou menswees geweef, Voordat jy geweet het jy leef. Ken jy jou waarde, kosbare vrou? Ken jy Hom, want Hy ken jou? Jy is ‘n juweel, ‘n pêrel, ‘n blink diamant! Hy hou jou styf in sy Vaderhand.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf