ATKV Debat Semi Finaal. Vier debatspanne van Hoërskool Witteberg het op 18 en 19 Mei aan die ATKV-Debat Semifinaal in Witbank deelgeneem. Vier provinsies het aan die Semifinaal deelgeneem, naamlik; Noordwes, Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga. Dit het egter die Wittebergers nie gekeer om steeds hulle doel te bereik nie.
Na afloop van die twee dae by die finaal, dring drie Witteberg debatspanne deur na die Landsfinaal. Dit vind op 19 Augustus te Goudini Spa plaas. Hartlik geluk aan die volgende twee Juniorspanne en Seniorspanne wat Witteberg by die Landsfinaal gaan verteenwoordig.
- Petroné Goosen
- Cobus Labuschagne
- Tria-Mari Strydom
- Stephan Uys
- Juané Loubser
- Zané Wessels
- Jurie Wessels
- André Hauptfleisch
`n Totaal van vier debatte is tydens die ATKV Debat Semi Finaal gewen waarvan een `n spookdebat was teen Hoër Meisieskool Oranje.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf