)

ATKV Debat – Hoërskool Ermelo staan hul man by debat

ATKV Debat. Sewe debatspanne van Hoërskool Ermelo het op Vrydag, 6 Mei, te HTS Witbank aan die provinsiale uitdunne van die ATKV Debat deelgeneem. Die EHS spanne het as volg presteer:

Die juniorspan, Joshua du Toit, Karli van Schalkwyk en An-Euné van Niekerk wen teen HTS Witbank.

EHS se seniorspanne (waar elke span uit twee sprekers bestaan) wen meeste van hul rondtes: Bea Niemand en Anzé Mentz wen teen Hoërskool Bergvlam, Zané du Plessis en Mienke Cloete tree ook as oorwinnaars uit die stryd teen Hoërskool Lydenburg. Beide Luzaan Durand en Isabelle Moussier, asook Johan Strauss en Isabella Burgers wen teen Ligbron Akademie vir Tegnologie.

Mariska van Biljon en Mariné Jacobsz, asook JF Möller en Marice de Jager verloor ongelukkig albei teen Hoërskool Nelspruit.

Die amptelike uitslae van die ATKV Debat spanne wat deur is na die volgende ronde word DV vroeg Junie bekendgestel.

Hartlik geluk aan al die debatteerders! Julle het jul woord goed gestand gedoen. EHS sien vol verwagting uit na die res van die jaar se debatskompetisies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal