ASA Senior Nasionale Kampioenskap. EHS is besonder trots op die Errie-atlete wat vanaf 18 tot 21 April aan die ASA Senior Nasionale Kampioenskap van “Field and Track” deelgeneem het.
Die atlete het uitstekend gevaar en behaal die volgende prestasies:
- Mia Davel eindig in die finaal vierde vir senior dames hoogspring met ’n hoogte van 1,73m.
- Tyrone Berning het in die finaal sewentiende geëindig vir senior mans hoogspring met ’n hoogte van 1,95 meter.
- Kryn Romijn gaan deur na die semifinaal vir 400m mans en behaal hier ’n algehele vyftiende plek met ’n tyd van 47,19 sekondes. Volgens World Junior Athletics is Kryn se persoonlike beste tyd (46,45 sekondes) tans vierde in die wêreld in die 400m vir seuns o.18. Bo en behalwe hierdie prestasies, ontvang Kryn ook ’n brons medalje vir die 4 x 400m gemengde aflos o.18, asook ’n silwer medalje vir die seuns o.18 se 4 x 400m aflos.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf