Nicole Williams, voor, in aksie
HoĆ«rskool Strand se 19 A-netbalspan het op Saterdag, 14 Maart in Porterville aan die Bulfees-sportdag deelgeneem. Die deelname aan hierdie sportdag is besonder sinvol aangesien spelers blootgestel word aan liga-lengte wedstrydeĀ teen nie-tradisionele ligaskole.
Drie wedstryde van vier kwarte is teen HoĆ«rskool Oudtshoorn, Overberg en Robertson gespeel. Die spelers van die wedstryde was onderskeidelik Bianca Groenewald en Nicole Williams, MarykĆ© Erasmus en Kaylin du Toit.Ā Aan die einde van al die wedstryde is Maryke Erasmus as speler van die dag in HoĆ«rskool Strand se span aangewys.
Twee spelers, Nicole Williams en Riezqa Brinkhuis, is tydens die toernooi aangewys om gedurende die September-vakansie saam met Star Travel na Malta te reis om vir wedstryde teen skole in Malta te speel.
Dit is ook die eerste keer wat die Arend-afrigters in hul nuwe afrigtersdrag, deur Flameros en Bluestar geborg, kon spog.
Flameros het vir elke meisie ‘n geskenkbewys as aanmoediging vir die netbalseisoen gegee. Die ondersteuning van die hoofborge – Finprufe Wealth Bluestar Financially Advisory Service, Flameros Chicken Grill en Big5SA ā asook die groot aantal ouers, wat die dag bygewoon het, word hoog op prys gestel.