ANHS Hokkie. ANHS Hokkie se 1ste hokkiespan het die finaal in die Grens Inland Spar-toernooi 2022 gehaal!
Die 1ste Hokkiespan van ANHS het op Sondag, 22 Mei, in Queenstown aan die jaarlikse Spar toernooi deelgeneem. Die dag beloof altyd om gevul te wees met goeie hokkie en samehorigheid.
Van die begin af, het die Alies gewys hulle is een van die gunsteling spanne om mee berekening te hou.
Die volgende uitslae is ‘n bewys van die volgende stelling:
- Alies wen 2-1 teen Hangklip
- Alies wen 7-0 teen Templeton
- Alies wen 3-0 teen Kingsridge
- Alies wen 6-0 teen St Christopher’s
Die Alie-span dring hiermee deur na die finaal waar hulle te staan kom teen Queestown Girls High. Ook genoem GHS. Hulle het sommer dadelik met baie ywer en vurige spel die wedstryd begin. Met baie goeie afrondingspel, slaag GHS daarin om die wedstryd 3-0 te wen.
Alies behaal ‘n algehele tweede plek vir die Grens Inland Spartoernooi 2022. Elke Alie Hokkie-bokkie, het weereens Aliwal-Noord se naam hoog hou.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf