Hoërskool Aliwal-Noord se 1ste Hokkiespan (Dogters) het Sondag die 16de Mei 2021 deelgeneem aan die Spar Hockey Challenge, Eastern Cape Inland byeenkoms. ANHS wen teen: Templeton: 2-0, Queenstown Girls High o/16: 2-0, De Vos Malan: 3-0 en dring deur na die finaal teen Queenstown Girls High.
Die dogters het skouspelagtige hokkie gespeel maar verloor ongelukkig die finaal 2-1.