)

Amanda Coetzer Tennistoernooi – Amanda Coetzer Tennistoernooivs Carli Kruger

Amanda Coetzer Tennistoernooi. Donna le Roux van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein en Carli Kruger van Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, is vanmiddag, tydens die Amanda Coetzer Tennistoernooi, slaags in die een half-eind.

Nege jaar gelede was hulle saam in Primêre Meisieskool Oranje se Minitennis A-span. Vanmiddag pak hierdie twee puik spelers mekaar in die halfeindrondte van die Itec Amanda Coetzer-toernooi. Donna le Roux (graad 10) is Oranje se nommer een speler. Carli Kruger is Bloemhof se nommer een speler. Hoër Meisieskool Paarl en Rhenish Girls’ High School speel in die ander halfeind.

Carli (graad 11) se ousus, Christine, was ook ’n skitterende speler en was in haar graad 8 en graad 9 ’n lid van Oranje se eerste tennisspan. Die Krugers het vyf jaar gelede na Stellenbosch verhuis.

Donna het tot dusver al drie haar enkelspelwedstryde gewen en Carli 2 uit 3.

Donna en Carli se pa’s, Ollie en Jorrie, was op hulle dag ook teenstanders op die rugbyveld. Ollie het vir die Haaie en Jorrie vir die Cats en Bulle in die Super 12 en vir die Cheetahs en Pumas in die Curriebeker. Ollie was ook ’n Springbok en Jorrie ’n Blitsbok.

In verlede jaar se halfeind het Donna en Sophia Krige van Hoër Meisieskool Paarl, mekaar gepak. Sophia se pa, Corné, en donna se pa was detyds Springbok-spanmaats.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal