)

Alumni-beampte – Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Beheerliggaam het die pos van Alumni beampte geskep en wil graag hierdie pos so spoedig moontlik vul. Die doel van die pos is om die AHMP-Alumni behoorlik te bestuur, wat onder andere die volgende insluit:

Opstel en bestuur van ‘n AHMP-Alumni besigheidsplan en -begroting

Fondsinsamelingsinisiatiewe

Behoud en groei van die AHMP-Alumni ledetal

Kommunikasie met AHMP-Alumni

Bestuur van die AHMP-Alumni begroting

Administrasie van die AHMP-Alumni

Aansoekers moet oor bestuursondervinding, ondervinding in bemarking, uitstekende kommunikasie- en skakelvaardighede op verskeie vlakke beskik, asook die vermoë om ‘n behoorlike besigheidsplan en begroting op te stel, te implementer en suksevol te bestuur. ‘n B-Graad sal as aanbeveling dien. Die vergoeding sluit ’n vaste salaris en kommissie op ‘n ooreengekome glyskaal in. Die besonderhede sal tydens die onderhoude verstrek word. Die volledige posbeskrywing is op aanvraag beskikbaar by ahmp@ahmp.co.za.

Aansoekers wat die kortlys haal, sal toeligting ontvang om ‘n konsepbesigheidsplan en -begroting op te stel wat tydens die onderhoud aan die keuringspaneel aangebied sal word.

Aansoeke met ‘n dekbrief en ‘n volledige CV, kan per e-pos gestuur word vir aandag aan Danielle Heyns by danielle.heyns@ahmp.co.za.

Sluitingsdatum van aansoeke is om 12:00 op 15 Junie 2018.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal