Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Beheerliggaam het die pos van Alumni beampte geskep en wil graag hierdie pos so spoedig moontlik vul. Die doel van die pos is om die AHMP-Alumni behoorlik te bestuur, wat onder andere die volgende insluit:
Opstel en bestuur van ‘n AHMP-Alumni besigheidsplan en -begroting
Fondsinsamelingsinisiatiewe
Behoud en groei van die AHMP-Alumni ledetal
Kommunikasie met AHMP-Alumni
Bestuur van die AHMP-Alumni begroting
Administrasie van die AHMP-Alumni
Aansoekers moet oor bestuursondervinding, ondervinding in bemarking, uitstekende kommunikasie- en skakelvaardighede op verskeie vlakke beskik, asook die vermoë om ‘n behoorlike besigheidsplan en begroting op te stel, te implementer en suksevol te bestuur. ‘n B-Graad sal as aanbeveling dien. Die vergoeding sluit ’n vaste salaris en kommissie op ‘n ooreengekome glyskaal in. Die besonderhede sal tydens die onderhoude verstrek word. Die volledige posbeskrywing is op aanvraag beskikbaar by ahmp@ahmp.co.za.
Aansoekers wat die kortlys haal, sal toeligting ontvang om ‘n konsepbesigheidsplan en -begroting op te stel wat tydens die onderhoud aan die keuringspaneel aangebied sal word.
Aansoeke met ‘n dekbrief en ‘n volledige CV, kan per e-pos gestuur word vir aandag aan Danielle Heyns by danielle.heyns@ahmp.co.za.
Sluitingsdatum van aansoeke is om 12:00 op 15 Junie 2018.