Alouise Campher van Outeniqua Hoërskool, is Kwaggas van George se muurbaltrots! Sy het skitterend gevaar in die afgelope Inter-Provinsiale Muurbaltoernooi en is opgeneem in die onder 16 SA Muurbalspan wat later vanjaar oorsee sal deelneem. Boonop beklee sy tans die nommer 2 posisie op die onder 16 SA ranglys vir dogters. Voorwaar n merkwaardige prestasie. Welgedaan, Alouise!