Alies-landloopatlete snel na SA’s! Die jaarlikse Landloopkampioenskappe het die naweek van 21 Augustus te Bloemfontein plaasgevind. Ses atlete van Alies het deelgeneem. Dit was ‘n baie groot aangeleentheid aangesien die eerst ses plekke kwalifiseer vir SA’s.
Die atlete het die dag terdeë geniet en presteer as volg:
Ashleigh Shaw (4km) 15,28
Albert Motshabi (4km) 16,48
Franco du Toit (4km) 18,02
Yolani Mqekelana (4km) 18,06
Alies se jongste atleet, Catherine van Aardt, beklee ‘n spoggerige 2de plek en verower ‘n silver medalje vir haar wedloop (4km) met ‘n tyd van 15,57m.
Robert Orrock presteer ook baie goed op die dag met ‘n goeie 5de plek vir sy wedloop (6km) met ‘n tyd van 20,57m.
Beide Catherine en Robert dring deur na SA’s wat op die 18de September in Kwa-Zulu Natal sal plaasvind.
Knapgedaan julle twee met jul uitmuntende prestasie!
Foto’s verskaf