Akrobatiese dans. Lana van Deventer van Hoërskool Fichardtpark het onlangs haar onderwys-eksamen in akrobatiese dans geslaag (AFSA).
Na 15 jaar van toegewyde oefening en prestasie het sy die eksamen voltooi. Die eksamen toets haar uithouvermoë, krag, soepelheid, balans en tuimelvaardighede.
Die akrobatiese danseksamen behels ‘n intensiewe praktykperiode en is ‘n toets van fisieke sterkte en tegniese vaardigheid. Lana het oor die jare al verskeie eksamens met lof geslaag en het uitmuntende prestasies behaal by kunswedstryde.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








