AHNS Netbal. Tydens die Maart skoolvakansie het Hoërskool Aliwal-Noord se netbal dames Camp Discovery bygewoon. Die O.18 AHNS netbalspan het ‘n afrigtingskliniek bygewoon wat aangebied was deur die bekende afrigter, Jenny van Dyk.
Die span het hard gewerk en baie nuwe vaardighede aangeleer wat hulle 100% gereed maak vir die komende seisoen. ANHS Netbal is trots om te spog dat die Tuks netbalspelers baie beïndruk was met hul netbalspelers. Tydens die toer het die span 5 oefenwedstryde gespeel.
Die wedstryde se uitslae was as volg:
- Alies wen teen Assumption Convent School 13-3
- Verloor teen Hoërskool Bastion 11-8
- Alies wen teen Hoërskool Hans Merensky 26-8
- Wen ten Northern Academy 13-9 Alies wen teen Brits 14-12
- Alies wen teen Brits 14-12
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za