Foto: Raees Tikly besig met die opname van sy toespraak
Verskeie Erries het die afgelope week aanlyn aan die nasionale finaal van die Oppie-Tong-Af-redenaarskompetisie deelgeneem.
Caylin Loock, Carla Ferreira, Danielle Koçaj en Jenna Oosthuizen het in die Afrikaanse voorbereide spanredenaars afdeling meegeding. Die individuele redenaars het in die volgende kategorieë meegeding: Leandri Viviers (Afrikaanse voorbereide toespraak), Johnke Prinsloo (Engelse voorbereide toespraak), Raees Tikly (Engelse motiveringstoespraak) en Mienke Cloete (Goue Tong). In die Goue Tong-afdeling ontvang leerders ‘n onderwerp en slegs 5 minute voorbereidingstyd waarna hul ‘n toespraak van 5-7 minute moet lewer.
Raees Tikly vaar besonder goed en behaal ‘n landswye tweede plek in sy afdeling. Raees, die Erries is geweldig trots op jou! Hartlik geluk aan elke leerder wat deelgeneem en hul Godgegewe talente nog fyner kom slyp het. Hoërskool Ermelo is trots op ons agt Erries wat gewis nie op hul bekke geval is nie!