Annika Serfontein (15) van Rooiskool en Trio-sport in Kroonstad, het einde Mei aan die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se skietkompetisie in Krugersdorp deelgeneem.
Sy het deelgeneem aan die skyfkuil-oefening vir beperkte-slotaksie gewere. Dit is ‘n internasionale dissipline waar daar slegs in die ope-afdeling meegeding word. Annika het ‘n silwer telling geskiet en spog verder met die sewende plek in die ope-afdeling.
Annika neem vanjaar met ‘n jaggeweer in die presidentskiet-afdeling deel. Op 15-jarige ouderdom is sy op die nasionale ranglys van junior skuts.
Op 7 Junie het sy in Bethlehem aan die Junior Skietkompetisie deelgeneem en derde geëindig in die .22-skietoefening vir o.18 skuts.
Foto verskaf