Afrika Atletiek Kampioenskap. Hoër Meisieskool Oranje se duo, Cara Smith en Roline Louw, het weer geskitter by die Afrika Atletiek Kampioenskap.
Eers was hulle die SA-kampioen en nou is een die Afrika-wenner en die ander die Afrika-naaswenner. Cara Smith het Woensdag goud en Roline Louw silwer in die heptathlon op die Afrika o.18- en o.20-kampioenskap in Zambië verower. Roline (gr. 12) het in die o.20-kompetisie deelgeneem en Cara (gr. 11) in die o.18. Albei het twee dae vantevore nog vir die 1ste netbalspan in Kimberley gespeel. Roline was ook ‘n maand gelede op die SA-kampioenskap tweede in die 100 m-hekkies en derde in die verspring.
Heptathlon (sewekamp) bestaan uit 100m-hekkies, hoogspring, gewigstoot, 200m, verspring, spiesgooi en 800m.
African Athletics Championship. Hoër Meisieskool Oranje’s duo, Cara Smith and Roline Louw, shone again at the African Athletics Championships.
First they were the SA champion and now one is the African winner and the other the African runner-up. Cara Smith won gold and Roline Louw silver in the heptathlon at the African Under-18 and Under-20 Championships in Zambia on Wednesday. Roline (gr. 12) competed in the under-20 competition and Cara (gr. 11) in the u.18. Both had played for the 1st netball team in Kimberley two days earlier. Roline was also second in the 100 m hurdles a month ago at the SA Championships and third in the long jump.
Heptathlon (heptathlon) consists of 100m hurdles, high jump, shot put, 200m, long jump, javelin and 800m.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








