Afriforum Dink of Sink – Hoërskool Pearson se debatleerders het ‘n besige middag agter die rug. Hulle het aan die uitdunrondtes van die Afriforum Dink of Sink debatskompetisie deelgeneem.
Pearson se vier senior spanne en een juniorspan het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het elk aan drie debatte deelgeneem.
Welgedaan aan die senior Pearson 1-span, wat na ‘n spanningsbelaaide middag, na die nasionale finaal van die debatskompetisie deurdring. Hulle finale debat het oor regstellende aksie gehandel.
Ou hande, Joubert Steyn en Anke Rossouw en nuwe besem, Lee Strydom, neem in September by die finaal in Centurion deel.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://pearsonhighschool.com/
Foto verskaf
Become a Sponsor








