Afrikaanse Hoër Meisieskool se Prestige Netbaltoernooi vanaf 18 – 20 Maart, vanjaar in sy vyfde jaar, trek skole van die Vrystaat, Mpumalanga, Namibia Gauteng, Wes-Kaap en Noordwes.
Puik netbal het reeds vroeg, vroeg begin met 73-spanne en ongeveer 700 netbalspelers wat teenwoordig is en 18 skole het deelgeneem. Dit maak dat elke skool vol wedstryde kan speel teen skole waarteen andersins nooit gespeel sal kan word nie! ‘n Netbalspeler van elke ouderdomsgroep word aan die einde van die toernooi gekies uit die volgende kategorië as beste doel, verdediger speller en aanvallende speler.
Die deelnemende skole is: Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Middelburg, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Heidelberg, Hoërskool Witteberg, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Hennopspark, Hoërskool Dr. Malan, HTS Middelburg, Hoërskool Jeugland, Hoërskool Fichardtpark, Hoërskool Kempton Park, Cornwall Hill, Hoërskool Stellenberg, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Jim Fouché, Windhoek Gimnasium en Afrikaanse Hoër Meisieskool.
Uitslae dag 1: 0/18-spanne
HTS Middelburg 20, Garsfontein 19; HTS Middelburg 24, Afrikaanse Hoër Meisieskool (2de) 14; Kemptonpark 40, Jeugland 15; Windhoek 26, Jeugland 19; Garsfontein 30, Jeugland 22,
Kemptonpark 28, Zwartkop 25; Zwartkop 25, Windhoek 21; Zwartkop 20, Garsfontein 19;
Kempton Park 39, Afrikaanse Hoër Meisieskool (2de) 17; Windhoek 22, Afrikaanse Hoër Meisieskool (2de) 11. Nelspruit 36, Heidelberg 7; Witteberg 22, Nelspruit 16;
Afrikaanse Hoër Meisieskool (1stes) 27, Nelspruit 8; Dr Malan 25, Nelspruit 20;
Fichardtpark 30, Pietersburg 19; Pietersburg 24, Heidelberg 15; Witteberg 25, Pietersburg 16;
Dr Malan 29, Pietersburg 16; Fichardtpark 21, Middelburg 18; Middelburg 24, Heidelberg 21;
Dr Malan 29, Middelburg 12; Afrikaanse Hoër Meisieskool (1stes) 33, Fichardtpark 15;
Afrikaanse Hoër Meisieskool (1stes) 37, Heidelberg 4; Afrikaanse Hoër Meisieskool (1stes) 29, Witteberg 19; Fichardtpark 24, Dr Malan 23.
Beste Individuele spelers:
0/14 speler
Beste doelspeler: Anke Nortjé (Affies)
Beste aanvallende spel: Andrea Janse van Vuuren (Kempton Park)
Beste verdedigende speler: Philla Ntuli (Middelburg)
FNB mees belowende speler: Sally Sabana (Cornwal Hill)
0/15 speler
Beste doelspeler: Jamie Ackerman (Cornwal Hill)