Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, se o/15-netbalspan sluit die Kay Motsepe netbaltoernooi onoorwonne af en word gekroon as SA-kampioene.
Op die foto bo:
Agter: Me. Annarine Hanekom (Afrigter), Me. Maggie du Plessis (Direkteur Netbal), Anika Botha, Tiffanie Heymans, Kayla van Niekerk (Kaptein), Terrané Smit, Imke Visser, Mnr. Waldo van Heerden en Me. Amanda Mynhardt (AHMP Hoofarigter).
Voor: Angelique Strijdom, Kara Breetzke, Mihke van der Watt, Xania van der Walt
Die Kay Motsepe 0/15 Netbaltoernooi is die strafste 0/15 netbaltoernooi in die land. Die uitslae vir Affies se poel is volg: Affies wen Hoërskool Secunda 23 – 4, Oranje 13 – 8, Ben Vorster 18 – 13, Hudson, 22 – 5, Upington 18 – 10, Paarl Girls 11 – 10, RHS 22 – 7 en Nhlanhlayetu 21 – 15. In die semi-finaal wen Affies HTS Middelburg 15 – 9 en in die finaal Paarl Girls 14 – 11. Die Affie 0/15-span sluit die toernooi onoorwonne af. Die span vertrek saam met Paarl Girls High en ‘n ontwikkelingsspan van Limpopo na Singapoer die 23 November om deel te neem aan die 8ste International Youth Sport Netball Challenge.