Affies Prestige Netbaltoernooi – Hoërskool Fichardtpark is baie trots op hul o.15 netbalspan. Hulle het onlangs aan die gesogte Affies Prestige Netbaltoernooi deelgeneem. Een van hul eie sterre het die kollig gesteel.
Baie geluk aan Mi-Lan Botha, doelspeler van die o.15 span, wat as die Beste Doelspeler in haar ouderdomsgroep aangewys is! Hierdie erkenning is ’n bewys van haar harde werk, toewyding en ongelooflike talent op die netbalbaan.
Mi-Lan jy verteenwoordig Hoërskool Fichardtpark met trots en passie. Jou prestasie inspireer jou spanmaats en wys dat deur deursettingsvermoë en liefde vir die spel, groot hoogtes bereik kan word.
Jy is ’n ware kampioen!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien











