Foto bo: Affies se hoofdoel Tayla Loock het kalm gebly onder groot druk in die doel sirkel Tersea Theunissen het uitstekend verdedig.
Vanjaar was die negende keer dat Afrikaanse Hoër Meisies in Pretoria en Oranje Meisieskool in Bloemfontein, teen mekaar meegeding het in die FNB Classic Clashes. Die Classic Clashes het begin met netball, maar verskeie skoolsporte ding nou mee in die jaarlikse derby.
Die Affies-netbalspanne het netbal uit die boonste rakke gelewer! Affies se 1ste netbalspan het die eerste kwart van die wedstryg gesukkel om aan die gang te kom en het baie foute gemaak. Oranje het die meeste balbesit gehad en loop voor met 7 doele teen Affies se 4. In die 2de kwart begin Affies meer soos ‘n span speel en versprei die bal oor die baan. Balbesit was so 50/50 tussen die twee spanne. Affies se hoofdoel Tayla Loock presteer goed onder druk en verkrimp Oranje se voorsprong na 12 – 12 na die tweede kwart.
Die derde kwart is gekenmerk deur Affies wat die meeste balbesit het, balle goed versprei en uitstekend verdedig. Na afloop van die 3de kwart is die telling 17 – 16 in Affies se guns. Die finale ¼ behoort aan Affies wat uitstekend afrond en eindig met ‘n wen van 24 – 22 oor Oranje.
Wat die hokkie aanbetref speel Oranje uitstekend en wen al die wedstryde teen Afrikaanse Hoër Meisies.
Sport uitslae FNB Classic Clashes Afrikaanse Hoër Meisieskool vs Oranje
Netbal:
o/14A Affies 26, Oranje 14; o/14B Affies 23, Oranje 15; o/14C Affies 36, Oranje 23;
o/14D Affies 28, Oranje 12, o/14E Affies 41, Oranje 5; o/14F Affies 32, Oranje 9.
o/15A Affies 28, Oranje 20; o/15B Affies 18, Oranje 18; o/15C Affies 22, Oranje 5;
o/15D Affies 21, Oranje 10; o/15E Affies 27, Oranje 6; o/15F Affies 20, Oranje 3.
o/16A Affies 35, Oranje 18; o/16B Affies 29, Oranje 9; o/16C Affies 26, Oranje 14;
o/16D Affies 12, Oranje 9.
o/17A Affies 24, Oranje 12; o/17B Affies 25, Oranje 20.
o/19A Affies 24, Oranje 22, o/19B Affies 37, Oranje 11, o/19C Affies 20, Oranje 13
o/19D Oranje 25, Affies 24.
Hokkie
o/14A Oranje 7, Affies 1; o/15A Affies 3, Oranje 0; o/16A Oranje 2, Affies 1;
o/18A Oranje 2, Affies 0.