Hoërskool Waterkloof is waarlik trots op Adam Mayo wat vanaf 19 tot 23 Julie 2017 in die Bahamas aan die Statebond Jeugspele deelgeneem het. Met ’n tyd van 53,04 sekondes het Adam gemaklik tot die finaal in die 400m-hekkies deurgedring.
In die finaal het Adam ’n skitterende wedloop gehardloop. Met ’n goed beplande wedloop, teken hy ’n tyd van 52,20 sekondes aan en verower hy die brons medalje.
Hy is die enigste Suid- Afrikaner wat ’n medalje kon verower. Adam se afrigter is me. Bonnie Joyce.
Baie geluk, Adam! Ons hou jou prestasie in die toekoms dop!
Foto heel bo: Adam Mayo