Acro Gimnastiek. Agt gimnaste van Hoërskool Piketberg is opgeneem in die Wes-Kaapspan wat gedurende die skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Kampioenskappe in Gauteng gaan deelneem.
Uitstekende prestasies is behaal:
- Tihani van Lill, Hanna Mostert en Aimeé Swart behaal ‘n algehele 2de plek by Wes-Kaap Level 8
- Aimeé Swart en haar spanmaat behaal ‘n algehele 1ste plek by Wes-Kaap Level 5
- Mia de Vries en Lara Fourie behaal algeheel 2de plek in Level 4 by Wes-Kaap
- Hannah de Villiers en Lara van Lill eindig algeheel 1ste by Wes-Kaap Level 5
Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za
https://www.piketberghs.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








