Abakus Olimpiade. Juan Jordaan, leerder van Laerskool La Hoff in Klerksdorp, het op 21 Julie deelgeneem aan die AIAMA Internasionale Abakus Kompetisie, in Indië waar hy Suid-Afrika verteenwoordig het. Juan het ‘n skitterende derde plek behaal!
Die Internasionale Soroban (Abakus) kurrikulum verloop van 10 Kyu tot 1 Kyu. Juan het Internasionaal deelgeneem op vlak 5 (Kyu). Die Abakus is fondasie-vaardigheid wat wiskunde konkreet maak. Dit gee die leerders ‘n besonderse voorsprong en spoed.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/









