Berig deur Schools That Rock oor Stulting Skaak-prestasie.
Handro Hickman, gr.3-leerder van Laerskool Stulting in Humansdorp, het bewys hy kan skaak speel.
Handro het die afgelope naweek aan die “South African Junior Closed Chess Championships” deelgeneem. Die hele toernooi word aanlyn via chess.com gespeel.
Hierdie wedstryde word regstreeks gespeel en spelers word via zoom konstant gemonitor. Streng reëls word steeds gevolg soos wanneer hulle in ‘n gewone toernooi fisies teen mekaar sou speel.
Alhoewel dit harde rondtes met sterk opponente was, het Handro nietemin altesaam 5 rondtes gewen en is 16de in die o/10 seuns ouderdomsgroep gelys.
Welgedaan Handro! Stulting is baie trots op jou.