Schools That Rock, webtuiste vir skolenuus, berig oor Laerskool Stulting se Radikale Redenaars
Gedurende die kwartaal het van Laerskool Stulting in Humansdorp se leerders deelgeneem aan die virtuele Radikale Redenaars kompetisie. Vyftien van hul leerders het gekwalifiseer om aan die Streek finale deel te neem.Ongelukkig het die Covid pandemie ‘n stokkie daarvoor gesteek en vind die kompetisie nie plaas nie. Van die vyftien leerders is 12 van hulle in die top vyf in verskeie kategorieë.
During this term, learners participated in the virtual Radikale Redenaars” competition. Fifteen of our learners qualified for the Regional Finals. However, due to the Covid pandemic, this leg won’t take place. Of this fifteen learners, 12 of them were in the top 5 in various categories. Five of our learners made it through to the National Finals:
Die volgende 5 leerders is gekies om aan die Nasionale finaal deel te neem/ Five of our learners made it through to the National Finals:
Amé Spangenberg, Xaleah Lippert, Connor Felix, Tessa Gerber, Elandré van Loggerenberg.
Baie geluk aan ons leerders met jul puik prestasies!Stulting is opreg trots op elkeen van julle.
Meer oor Laerskool Stulting:
Van ‘n nederige begin in 1939 het Laerskool Stulting gegroei tot ‘n volwaardige gemeenskapskool wat sy visie – DIE STREWE NA OPVOEDKUNDIGE UITNEMENDHEID uitleef. Dit is bereik deur ‘n versorgende omgewing te skep waar almal tot hul volle potensiaal kan ontwikkel en verbind is tot die uitoefening van uitnemendheid in alle aspekte van opvoeding.
By Laerskool Stulting ontwikkel ons die kern waardes van Respek, Liefde, Vreugde, Verdraagsaamheid, Integriteit, Deursettingsvermoë, Eerlikheid en Geduld by die leerders.
Ons professionele leerkragte glo daarin dat ons kinders ‘n balans in die lewe moet handhaaf. Daarom poog ons om soveel moontlik geleenthede aan ons leerders te bied. Dit is ook deel van ons missie-doelstellings dat ons leerders aan geestelike-, akademiese-, sport- en kultuuraktiwiteite moet deelneem.
Ons nooi ons ouers uit om betrokke te wees by die skool en in ‘n vennootskap saam met die personeel hande te vat om te verseker dat elke kind tot sy potensiaal kan ontwikkel.
Met ons leuse “Skyn jou Lig” besef ons ons verantwoordelikheid teenoor ons Skepper en gee ons ons Hemelse Vader die eer vir die unieke talente wat aan elkeen verbonde aan die skool – leerders, ouers, onderwysers en skoolhoofde – gegee is.
Ons nooi u uit om deel te word van ons skool – Laerskool Stulting.
C.J. Coetzer
SKOOLHOOF
https://schoolsthatrock.co.za/?s=Laerskool+Stulting
Foto's verskaf