A+ Genius Mathematics. Die ‘A+ Genius Mathematics Free State and Northern Cape Mental Maths Regional Competition’ het die naweek van 4 September plaasgevind. In die kompetisie kry leerders ‘n brons medalje, silver medalje, goue medalje, Champion beker en dan Champion of Champions beker.
Johandré du Plessis het kompetisie geskryf oor Boek 8 en ouderdom 7 en wen Champion of Champions in die afdeling.
Elle-Anne Roper het kompetisie geskryf oor boek 6 en het Champion of Champions gekry vir ouderdom 7.
Danielle van Staden het kompetisie geskryf oor boek 5 en het Champion of Champions gekry vir ouderdom 6. Danielle is deel van Preprimêre Skool Naudeville. Sy is nou in graad R.
Alexi van Staden het kompetisie geskryf oor boek 9 en het Champion of Champions gekry vir ouderdom 9-11. Alexi is nou 10 en in graad 4.