Top ruitersportspan nasionaal. Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) se ruitersportspan het ’n fenomenale prestasie behaal deur as die top-ruitersportspan nasionaal vir 2024 deur Sanesa aangewys te word. Hierdie gesogte titel is die resultaat van buitengewone toewyding en harde werk. Die span het sterk ruitersportspanne van regoor die land, insluitend die Kaap en bekende ruitersportskole soos Beaulieu, die stryd laat verloor en stof in die oë geskop. Ons is uiters trots op elke ruiter wat hierdie toekenning moontlik gemaak het!
Mnr. Jan Joubert, wat AHMP se ruiters passievol ondersteun, het spesiale erkenning gegee aan Juf. Jordaan, Juf. Maggie en Juf. PC. Hy het hul onmisbare ondersteuning, asook die ruiters se deursettingsvermoë en toewyding, uitgelig as sleutelfaktore in die span se sukses. Mnr. Joubert het ook die ruiters aangemoedig om die trofee vir die komende jare by AHMP te hou en voort te gaan met hul inspirerende werk.
Hy het verder aan Juf. Jordaan genoem dat sulke prestasies net moontlik is met die volledige ondersteuning van ouers. Ons waardeer elke ouer wat onvoorwaardelik hul dogters in hierdie duur en tydrowende sport ondersteun. Hierdie trofee is ’n bewys van julle lojaliteit en ondersteuning, en ons deel veral hierdie oorwinning met julle.
Baie geluk aan ons ruiters! Mag hierdie prestasie nie net ’n hoogtepunt wees nie, maar die begin van nog vele meer suksesse. Ouers geniet die vreugde van hierdie oorwinning saam met julle dogters en weet dat ons as skool ongelooflik trots is op elkeen van hulle!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








