SAARA NW Luggeweer. Die SAARA NW Luggeweer prysuitdeling is aangebied te Wesvalia Luggeweer Akademie. Tydens hierdie geleentheid het van Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp, erkenning ontvang vir hul Provinsiale kleure wat hulle gedurende die afgelope seisoen behaal het.
Jaden Wiid het ‘n trofee ontvang vir sy prestasies, waaronder: Beste Vordering in Presisie, Mees Toegewyde Presisie Skut, Beste Beginner in Presisie, Beste 3P Sporter op klub- en provinsiale vlak, Beste Sporter (klub en provinsiaal), Beste 3P o/16 Sporter, asook NW Mans Skut van die Jaar.
Aurelia du Plessis het trofee’s ontvang vir: Beste 10m Sporter Algeheel (klub en provinsiaal) en Beste 10m o/16 Sporter.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










