Slegs-leerders-produksies ATKV. Hoërskool Fichardtpark se leerderproduksie eindig algeheel 8ste in die land! Baie geluk aan Cleo-lee Kruger, Wouter Smit, Lydia Jaquire, Leonard Barnard en Ciara Archer wat met groot werk en inisiatief hierdie produksie op die planke gebring het.
Die ATKV bekroon tydens die jaarlikse ATKV-Tienertoneelkompetisie produksies waarin leerders self die leisels neem om hul produksies op die planke te bring. Vanjaar se ranglys van slegs-leerders-produksies spreek van buitengewoon hoë standaarde: Van die 26 slegs-leerders-produksies (uit ’n totaal van 187 deelnemende produksies) wat vanjaar deelgeneem het, het nie minder nie as vier deurgedring na ’n streeksfeesfinaal, terwyl een vir die eerste keer sedert 2019 ook deurgedring het na die nasionale finaal van ATKV-Tienertoneel.
Die Top 10 ranglys:
10. Wroeg deur die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad
9. Vlam sonder einde deur die Selborne College in Oos-Londen
8. Van glas deur die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein
7. Kern van die duiwels deur Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein
6. J(A)AG deur die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes
5. Om lief te hê deur die Hoërskool Tygerberg in De Tijger, Kaapstad
4. Die plan deur die Hoërskool Zwartkop in Centurion
3. Jane en John deur die Hoërskool Randburg in Randburg
2. Vlieënde waardin deur die Hoërskool Eldoraigne in Centurion
1. Kamp saam deur die Hoërskool Durbanville in Durbanville (nasionale finalis)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








