WOW Spelfees Nasionaal. Om reg te kan spel, is een ding, maar om hardop reg te kan spel tussen die land se bestes en dan boonop nog onder druk, is ‘n heel ander storie! Die Erries het egter nie teruggestaan by die WOW Spelfees Nasionaal nie.
Drie Errie-spelsterre het bewys dat hulle opgewasse is hiervoor en het gekwalifiseer om op Saterdag 28 September by die Universiteit van Stellenbosch deel te neem aan die Nasionale finaal van die Sanlam WOW Spelfees. Kara McKenzie (graad 8) presteer puik en behaal nasionaal ‘n vierde plek. In die graad 9-afdeling is Hoërskool Ermelo verteenwoordig deur twee Erries, naamlik Johandi Bezuidenhout en Inke Oosthuizen. Inke behaal ‘n uitstekende algehele vyfde plek. Dit wil gedoen wees!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








