TBM Dogters Krieketliga. Die TBM Dogters Krieketliga het op ‘n hoë noot afgeskop. Hoërskool Witteberg se 1ste dogterskrieketspan het die veld betree teen Hoërskool Ladybrand se 2de span.
Witteberg het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Die openingsvennootskap tussen Zané Wessels en Mia Daacke was indrukwekkend. Hierdie twee kolwers het ‘n massiewe 123 lopies van slegs 58 balle aangeteken. Zané het uiteindelik haar paaltjie verloor vir ‘n puik 51 lopies van 34 balle. Mia het die veld verlaat op 55 lopies van 28 balle. Dit was om die res van die span ook kolfkans te gee.
Lize van den Berg en Martinique Grobler het beide uitstekend vertoon. Hulle het onderskeidelik 35 en 37 lopies aangeteken sonder om hul paaltjies te verloor.
Witteberg het die beurt afgesluit met ‘n indrukwekkende 244/1 ná 20 beurte.
Na ‘n kort ruskans het Ladybrand die kolfblad betree. Hulle kon egter slegs 30 lopies aanteken vir die verlies van 9 paaltjies in hul 20 beurte.
Verskeie Witteberg-boulers het elk een paaltjie geneem, maar spesiale vermelding moet gemaak word van Arné Maritz as paaltjiewagter. Sy was betrokke by die kanteling van 7 van die 9 paaltjies. Sy het 5 vangskote geneem om 3 “run outs” te bewerkstellig.
Witteberg het die wedstryd met ‘n oorweldigende oorwinning van 214 lopies beklink.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








