Allegretto Wes-Kaap rondte. Foto: die sangers. Hoërskool Strand het weggestap met ‘n skatkis van prestasies by Allegretto Wes-Kaap rondte. Saterdag, 7 September, het Hoërskool Strand die pad na Stilbaai aangedurf vir die Allegretto Eisteddfod Wes-Kaap rondte.
In die drama-afdeling is Meagan Beukes, Jan-Dawid de Clerck, Dornel Fortuin, Micheal Heyns, Jessica Koukaras, Lorette Louw, Xander Mulligan, Danica Olivier, Michael Ruzvidzo en Franko Stevens deur na die Galadag in Stilbaai: die Allegretto Eisteddfod Wes-Kaap finaal. In die musiekafdeling het Gabriella Benade, Inge Hanekom,Christiné Kok, Saskia Mc Dilling, Chloe Nel en Emma Truter ons skool by die gesogte dag verteenwoordig.
Al die leerders van Strand het bo 80% behaal en het ook ‘n hele paar trofees en medaljes gewen:
- Afrikaans Drama Kategorie Wes-Kaap Trofee: Michael Ruzvidzo – Improvisering
- Engels Drama Kategorie Wes-Kaap Trofee: Jan-Dawid de Clerk – Skryf gedig en voordrag
- Beste Senior Sanger Trofee: Afrikaans: Saskia Mc Dilling
- Beste Senior Sanger Trofee: Broadway: Saskia Mc Dilling
- Beste Junior Sanger Trofee: Broadway: Michael Ruzvidzo
- Beste Vokale Duet Medaljes: Gabriella Benade en Chloe Nel
Hoërskool Strand is ook aangewys as die wenners van Allegretto Wes-Kaap Kultuurskool van 2024!
Van die wenners sal ook moontlik in die nasionale finaal in Bloemfontein optree.





Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








