Rugbyseisoen sterk geëindig. Hoërskool Nelspruit se rugbyspelers het hul rugbyseisoen sterk geëindig. Die laaste wedstryde van die seisoen was Vrydag, 9 Augustus, teen Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp..
Die rugbyseisoen van 2024 het tot ‘n einde gekom, en dit was ‘n merkwaardige tweede seisoen vir NHS in die Beker-afdeling van die SDC-Noordvaal-toernooi. NHS het met ‘n totaal van 13 spanne deelgeneem en het in elke wedstryd teen sterk kompetisie te staan gekom.
Onder leiding van mnr. Hennie Skorbinski en die afrigters het die spelers reeds vanaf die voorseisoen hard gewerk. Die seuns het hul vaardighede voortdurend verbeter en nooit gehuiwer om hul alles op die veld te gee nie.
Mnr. Skorbinski het die volgende gesê: “Ek is ongelooflik trots op die seuns. Hulle het deurgaans ‘nellieguts’ gewys, en hul vaardighede het met elke wedstryd verbeter. Ons het nie teruggestaan nie en is uiters trots op wat ons hierdie seisoen bereik het.”
Uitslae: Noordheuwel vs NHS
14A: 24-19
14B: 25-34
14C: 31-5
15A: 29-7
15B: 31-3
15C: 26-0
16A: 35-19
16B: 54-3
16C: 19-19
3des: 12-5
2des: 40-0
1stes: 40-40



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s: Christo Dippenaar
Become a Sponsor








