Fairtree Super 12-hokkietoernooi. Vanjaar se Fairtree Super 12-hokkietoernooi is net om die draai! Oranje Meisieskool bied weer die Fairtree Super 12 Hokkiefees in 2024 vanaf 7 tot 10 Augustus aan.
Wat dit ‘n spesiale en unieke geleentheid maak, is die feit dat die deelnemende spanne die twaalf beste spanne in die land is wat ten tyde van die uitnodiging op die SA Skolesport Eerstespanranglys geplaas is. Dit is gewoonlik einde Mei.
Kriteria om na die Oranje Meisies Super 12-toernooi genooi te word:
- Die Top 10 skole volgens die SA Skolesportranglys soos op 30 Mei 2024 sal outomaties kwalifiseer en uitgenooi word na die Super 12 Hokkietoernooi.
- Twee “Wild Cards” sal ook na goeddunke van die Toernooikomitee genooi word.
- Daar word van die spanne verwag om teen 30 Mei ‘n minimum van twaalf wedstryde te speel om te kwalifiseer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








