Erri Gholfer SA Kampioen. Bea Breedt, Hoërskool Ermelo leerder, het op 7 en 8 Julie aan die SA Hoërskool Dogters-kampioenskap deelgeneem by Middelburg Country Club. By dié geleentheid word Bea gekroon as die SA Gholf Kampioen vir die vierde agtereenvolgende jaar.
Sy het ook vanaf 29 Junie tot 3 Julie aan die SA-Nomads-kampioenskap deelgeneem. Hier eindig sy onder die top 15 uit 84 spelers.
Hierdie is ‘n uitstaande prestasie van Bea.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








