Laerskool Krieket. Leeuwenhof Akademie was vanjaar weereens bevoorreg dat hul krieket seuns gedurende die vakansie ‘n krieket kliniek te Zwartkloof kon bywoon. Die o/11 krieketspan het vanaf Dinsdag, 18 Junie tot Vrydag, 21 Junie die kliniek bygewoon.
Uitslae behaal:
- Woensdag, 19 Junie – Oggend wedstryd – Laerskool Nylstroom. Leeuwenhof wen met 9 paaltjies.
- Woensdag, 19 Junie – Middag wedstryd – Laerskool Nylstroom. Leeuwenhof kolf tweede en wen die wedstryd met 9 paaltjies.
- Donderdag, 20 Junie – Oggend wedstryd – Laerskool Vastrap wen met 71 lopies.
- Vrydag, 21 Junie – Oggend wedstryd – Laerskool Vastrap wen met 8 paaltjies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








