SA o.16 Hokkie. Twee Graad 10 leerders van Hoër Meisieskool Oranje, Kirstin Booysen (SA o.16A) en Chanette Jansen van Vuuren (SA o.16B), is weer vir hul skitterspel op die nasionale SA o.16 hokkie toernooi beloon. Hulle is albei ingesluit in nasionale spanne.
Kaptein Chanette was die toernooi se voorste doelskieter met 10 doele. Dit is 4 meer as die speler in die tweede plek. Dié twee leerders het albei verlede jaar die SA o.16B-span gehaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








