Jaru Krieket week – Hoërskool Oos-Moot se o/14 krieketspan neem tans deel aan die Jaru Krieket week te Rustenburg. Dit vind plaas vanaf 17 tot 21 Junie.
Die uitslae van die wedstryde is as volg:
- Dag 1 – Oosies speel teen Impala Hub en wen met 71 lopies.
- Dag 2 – Oosies speel teen Hoërskool Driehoek en wen met 7 paaltjies.
Die volgende spelers wat uitgestaan het tydens dag 1 van die Jaru Krieket week was Marnus Broodryk. Hy behaal 89 lopies en neem 3 paaltjies vir 33 lopies. Christo van Heerden behaal 56 lopies en Eckardt Bronkhorst neem 4 paaltjies vir 33 lopies.
Op dag 2 was Marnus weer die uitblinker. Hy behaal 73 lopies, nie uit nie en neem 4 paaltjies vir 15 lopies.
- Dag 3 – Oosies speel teen Pretoria-Noord A en wen met 8 paaltjies.
Uitstaanders tydens dag 3 se wedstryd was Logan Smit. Hy neem 3 paaltjies vir 18 lopies. Eckardt Bronkhorst neem 3 paaltjies vir 37 lopies en Bart Diedericks neem 2 paaltjies vir 10 lopies. Christo van Heerden behaal 80 lopies van slegs 45 balle, asook Marnus Broodryk behaal 44 lopies van 45 balle.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za
Foto’s voorsien


















