EHS-Seunshokkie. Hoërskool Ermelo se seunshokkie het Woensdag,15 Mei teen Hoërskool Secunda te staan gekom. Albei EHS seunshokkie spanne het die stryd teen Hoërskool Secunda verloor. EHS se o.16 span het 0-4 verloor en die Eeerste span 0-1.
Op Woensdag, 22 Mei, het hulle hul laaste ligawedstryde vir die jaar teen Highveld Park gespeel. Hierdie keer het die o.16-span gelykop geëindig met 3 elk. Die Erries se doelskieters was Dian van Aarde (1) en Nathan Herbst (2).
Hoërskool Ermelo sel Eerste span se stryd het hierdie keer geëindig met 5-1 in EHS se guns. Die Erries se doelskieters was Stiaan van den Heever (2), Hancke van Heerden (1), SS Cilliers (1) en JF Möller (1).

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








