Elements of Dance SA. Twee leerders van Hoërskool Witteberg, Bethlehem, Chris-Mari Louw en Saskia Brecher.het albei hul provinsiale kleure in dans ontvang. Hulle het 4 Mei deelgeneem aan Elements of Dance SA provinsiale rondte waarby dansers kwalifiseer vir Dance Motion Suid Afrika se Nasionale rondte. Albei Chris-Mari en Saskia het gekwalifiseer ook om deel te neem aan die Nasionale rondte vanaf 2 tot 7 September in Gauteng.
Uitslae:
Saskia Brecher
- Ballet- Pro gold 95% Kwalifiseer
- Liries- Goud 90% Kwalifiseer
- 2de in Kategorie wenner 15-17
Chris-Mari Louw
- Ballet- Goud 86% Kwalifiseer
- Liries- Goud 89,5% Kwalifiseer
- 3de in Kategorie wenner 18-25
Albei het ook in ‘n Jazz groep gedans wat 95% Pro Gold ontvang asook ‘n toekenning vir die beste choreografie.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








